Laerskool Burgersdorp

Personeel

NUWE PERSONEEL

Mnr Louis Kilian het by Laerskool Burgersdorp aangesluit as faktotum.  Baie welkom in ons midde!

Mev Berna Viljoen het ook nuut by ons aangesluit – sy sal vanaf die 2de kwartaal by mev Greeff oorneem.  Baie welkom!

 

Laerskool spog met nuwe vere!

Danksy 2 goedgesinde borge, kan die personeel spog met splinternuwe baadjies.

OVK (Chris Wessels) en GARIEP FINANSIëLE DIENSTE (Karina van der Merwe) se bydrae tot hierdie nuwe voorkoms, word opreg waardeer.

Ons kon dit tydens die afgelope Interskole aantrek, en dit het baie komplimente en positiewe terugvoer ontlok.

Baie dankie vir jul bydrae – ons dra die baadjies met trots.

Nuwe baadjies

Op die foto verskyn :  Agter :  Danita van Heerden, Lana Price, Antionette Bezuidenhout, Marlene Greeff, Mike van der Merwe, Francine Putter, Martie Basson, Tilla Viljoen.  Middel :  Carol de Bruin, Sanmari Maritz, Susan van Straaten, Rozanne Nel.  Voor : Alwyn Swanepoel, Sam Wessels, Chris Wessels (OVK), André Fourie (Skoolhoof), Karina van der Merwe (GARIEP FINANSIëLE DIENSTE), Annalie Fourie, Almarie Marais, Andries de Bruin.