Laerskool Burgersdorp

Atletiek

Atletiek Trots!

 Die Laerskool het ‘n baie goeie atletiekseisoen beleef.  36 van ons atlete het aan die Joe Gqabi-atletiekbyeenkoms in Sterkspruit gaan deelneem.  Ten spyte van baie slegte en nat weersomstandighede is 11 van ons atlete gekies om aan die Oos-Kaap Atletiekkampioenskappe in Oos-Londen te gaan deelneem op 6 en 7 Maart 2015.

Die atlete het al Donderdagmiddag gery en het in ‘n wonderlike gastehuis by Cove Rock tuisgegaan.  Mnr. André Fourie en Mev. Susan van Straaten het die atlete vergesel.  Ons atlete het oor die twee dae hulle baie goed van hulle taak gekwyt, alhoewel die baanitems Vrydag ‘n uur en ‘n half agter die program was en Saterdag met tye tot 3 ure laat was!  Van die atlete moes tot 2 ure in die son wag voordat hulle aan hul item kon deelneem.

Sinethemba Nkolomba behaal ‘n 2e plek in die 70mH 0/10; Matheo Mokoena ‘n 4e plek in 70mH S0/11; Ryan Koekemoer ‘n 4e plek in S0/10 Gewigstoot; Zanri v/d Berg 5e in 200mH; 6e in beide GS en SG D0/13; Mikhulu Siphondo 8e in VS S0/10.

Baie van die ander atlete het almal hul persoonlike beste tye en afstande behaal.

Baie dankie aan al die afrigters en ouers vir hul tyd, opoffering en ondersteuning.  Dankie aan die atlete wat getrou en hard geoefen het!  Volgende jaar bou ons voort op hierdie jaar se suksesse.  Dankie aan Kosie en Stephanie van den Berg vir die oopstel van hulle gastehuis vir ons atlete in Oos-Londen.  Ons waardeer dit baie en het heerlik so by die see gebly!

Foto’s :  Onder links :  Mnr Fourie (skoolhoof) saam met die atlete.  Regs :  Sinethemba Nkolomba met sy medalje.

Sinethemba atlete15

Atletiek – Oos-Kaap Kampioenskappe

Op 7 en 8 Maart 2014 het 6 van Laerskool Burgersdorp se atlete aan die Oos-Kaap Kampioenskappe in Mthatha gaan deelneem.  Hulle was Corne Gravett (hekkies), Zanri van den Berg (gewigstoot, diskus en spiesgooi), Lijani Griessel (gewigstoot en diskus), Leani Jordaan (gewigstoot), Jinewa Kayster (gewigstoot) en Sisipho Jwaxa (hekkies).
Die atlete het elkeen sy beste afstand gegooi en ook hulle beste tye gehardloop.  Ons is regtig trots op julle wat so ver gevorder het.  Dankie aan die afrigters wat so hard gewerk het om die atlete op standaard te kry.  Julle kan trots voel op julle atlete.
Baie dankie aan juf Antionette wat ons met die bussie gevat het en elke ouer wat saam gegaan het.  Ook vir elkeen se bydrae om die naweek vir die atlete so aangenaam as moontlik te maak.  Ons het heerlik in die gastehuis gebly en weer ou vriende en kennisse daar raakgeloop.
Alhoewel die byeenkoms nie aan ons verwagtinge voldoen het nie en daar baie haakplekke was, was dit tog vir ons atlete ‘n geleentheid om teen ander atlete van die provinsie te gaan deelneem. 

Suid-Afrikaanse Laerskole Atletiek

Laerskool Burgersdorp is baie trots op 2 van hulle atlete, Sokwakana Zazini (S/13 200mH) en Corné Gravett (S/12 75mH) wat aan die SA Kampioenskappe te Sasolburg gaan deelneem het.  Zokwakhana doen baie goed om vir die finale te kwalifiseer en behaal ‘n algehele 8ste plek!  Hy verbeter sy tyd met meer as ‘n sekonde.  Corné hardloop ook sy beste tyd van die seisoen.  Hierdie atlete het baie hard gewerk deur die seisoen.  Baie dankie aan mnr Anton Gravett wat saam met ons 2 atlete gegaan het.


Foto : Andries de Bruin

18 Februarie 2012

 

Atletiek

Op Saterdag 18 Februarie het die Joe Gqabi Atletiekbyeenkoms op Burgersdorp plaasgevind. Dit was ‘n baie suksesvolle byeenkoms, net jammer dat die gewigstootput oornag onder water geword het a.g.v. verstopte Munisipale slote!

46 van ons atlete het deelgeneem. Ons behaal : 17 1e plekke

14 2e plekke

10 3e plekke

Baie geluk aan al hierdie atlete!!

Ongelukkig word die span wat na die Oos-Kaap Kampioenskappe moet gaan, baie verklein, maar nogtans het ons 16 atlete wat op 9 en 10 Maart in Umtata gaan deelneem. Hard oefen en baie sterkte aan hierdie atlete!

Baie dankie aan : Laerskool Burgersdorp vir hulle puik reëlings; die personeel en al die ander persone wat as beamptes opgetree het; die OOV ouers wat ook baie hard gewerk het; die nie-atlete wat bereid was om as hulp-beamptes op te tree om die beamptes se taak te vergemaklik; die atlete wie se gedrag weereens uitstekend was.

Foto deur Andries de Bruin

 

LAERSKOOL BURGERSDORP ATLETIEK

Tydens die Joe Gqabi Atletiekbyeenkoms vir Laerskole op Aliwal-Noord het 37 atlete van Laerskool Burgersdorp deelgeneem. Ons kan met trots sê dat 13 atlete eerste plekke en 7 atlete tweede plekke verower het.

Baie geluk aan die 12 atlete wat gekies is om aan die Oos-Kaapse Laerskool Atletiekkampioenskappe die 5de Maart op Cradock te gaan deelneem. Ons is baie trots op julle en hou Laerskool Burgersdorp se naam hoog!

Baie dankie ook aan die afrigters wat die atlete getrou afgerig en positief ondersteun het.