Laerskool Burgersdorp

Rugby

LAERSKOOL BURGERSDORP: PA EN SEUN RUGBYTOER

Vroeg Vrydagoggend is daar vanaf Laerskool  Burgersdorp vertrek op die pa en seun rugbytoer na Oos-Londen.   Vir die pa’s is dit ‘n naweek weg van die huis en spesiale tyd saam met hulle seuns.  Vir die seuns is dit ‘n naweek van rugby, en ook lekker ander opwindende dinge….!

Sommige seuns het meer padkos gehad as bagasie en ander se sakkies was vol skeerroom (asof hulle al oud genoeg is om te skeer!!), ekstra buisies tandepasta (asof een nie genoeg is vir 3 dae nie), en dan natuurlik die snaaksste van alles was die “insulation tape” ( in rugby gebruik mens dit maklik op jou toks, maar die seuns speel nog kaalvoet?)   Die vraag dan:  “Waarom al die ekstras?”

Oppad Oos-Londen toe is daar vinnig gestop in Queenstown, net om die magies weer vol te kry en die bene te rek.  Veilig daar aangekom, speel ons eerste teen Beachonhurst, waar almal reg is vir die wedstryd wat voorlê.   Die 0/11’s het ‘n goeie vertoning gelewer.  Hulle speel hardloop-rugby en wen die wedstryd.  

Die 0/13’s, nog vol trots van die vorige naweek se wen teen Hangklip, fokus egter nie.   Alles loop verkeerd :  vroeg in die wedstryd kry een van die voorspelers seer en moes toe met ‘n agterspeler vervang word.  Hulle verloor die wedstryd, maar leer ‘n waardevolle les:  “Geen wedstryd word gewen deur die vorige wedstryd nie.  Elke wedstryd is ‘n nuwe wedstryd op sy eie.”  So daag die manne by die kampterrein op en slaapplekke word ingedeel.  Die seuns, wat etlike oomblikke tevore so gedaan was, kry nuwe lewe en daar word die aand lekker gekuier en gebraai.  Reeds vroeg die volgende oggend is van die seuns al af see toe en hul wil net die see in, al is die son nog nie eers op nie.

Almal begin regmaak vir die groot dag.   Almal is opgewonde, want hulle speel op die “Border Bulldogs”  se rugbystadion.   Die 0/11’s is soos altyd gereed vir die wedstryd en mens kan van die begin af sien hulle gaan die ding doen.  Die 0/13’s speel teen ‘n Grens-ontwikkelingspan, maar die teenstaanders is groot!  Ons staan nie terug nie.  Ondanks die verloor van 22-10, het hulle die wedstryd met ‘die hart van ‘n leeu’ gespeel.    Enige wedstryd het maar sy beserings, en een van die spelers word met ‘n draagbaar afgedra.  Gelukkig was dit net vir voorsorg en was daar geen ernstige beserings op die toer nie.  Soos gewoonlik kry die seuns in die aand weer nuwe krag en soos jy deur die kampterrein beweeg, sien jy net tandepasta en skeerroom op die gesigte.  

En die  “insulationtape”? – as jy wil weet waarvoor dit was,  sien jou volgende jaar op die toer….

 

Interskole 2015

Rugby Gr1

Oom Roy met sy Gr1 spannetjie. Mooi vir hulle verduidelik hulle moet die wit truie duik, nie die geel truie nie, was so oulik.

0/13A – rugbyspan kry nuwe sportsakke

African Book Connection van Oos-Londen het die 0/13A rugbyspan van Laerskool Burgersdorp se sportsakke geborg.

Me. Mary Bothma en Joey Hutchinson het spesiaal na Burgersdorp gereis om die sportsakke te oorhandig. Die mooi sportsakke dra daartoe by dat daar ‘n eenheidsgevoel onder die spelers is en dien ook as motivering.

Baie dankie aan African Book Connection vir hul betrokkenheid by Laerskool Burgersdorp. Dit word hoog op prys gestel.  (foto)

Uitstekende 0/11 Rugbyseisoen

 

Die 0/11 A – rugbyspan van Laerskool Burgersdorp het vanjaar uitstekend op die rugbyveld gevaar.

Ten spyte daarvan dat ons skool se leerlingtal laer is as al die skole teen wie ons deelgeneem het, het die span net twee van hul veertien wedstryde verloor!  Van die beste wedstryde wat gewen is, is :

Graaff Reinet 34 – 0

Cradock 29 – 0

Colesberg 31 – 0

De Aar 22 – 7

Somerset-Oos 46 – 0

Middelburg 22 – 5

Hangklip 33 – 0

Grens 24 – 0

Op die Voorpos 22 – 0

Aliwal-Noord 15 – 7

 

Punte vir  :  324    Punte teen  :  50

Drieë vir   :   56     Drieë teen :    8

 

Die voorste puntemaker is die voorry Wiehann Pretorius wat 14 drieë gedruk het en 21 drieë verdoel het en sodoende 112 punte aangeteken het.

Dit is voorwaar ‘n span en spelers wat in die toekoms dopgehou moet word.

 

Op die foto verskyn mnr Mike saam met sy span:

O/11 Rugby

 

 

 

 

Laerskool rugby teen Volkskool

 

Die rugby bulle van die Laerskool het ons naam hoog gehou teen Graaff-Reinett die afgelope naweek. Die nuwe graad 1 bulletjies het ‘n splinternuwe veld ingelyf en behoorlik gesorg dat die toeskouers breed glimlag langs die veld. Hulle telling was 20-20! Met die res van die spanne het dit ook baie goed gegaan. Die 0/9 span het hul eerste wedstryd van die jaar voorwaar geniet al het hulle verloor. Die 0/11 en 0/13 spanne het hul staal gewys en gesorg vir opwindende wedstryde. Die tellings was soos volg:

0/11A wen 34 – 0

0/11B verloor 0 – 5

0/13A wen 14 – 8

0/13B verloor 5 – 7

 

Foto : 0/9 Bondel Rugby vs Volkskool – telling: gelykop!

Foto verskaf deur Jan Harm van Wyk

 

 

Rugby teen Middelburg en Hangklip

Rugby
O/7 en O/9 verloor
O/11A    wen  5 – 0
O/13B    wen  22 – 0
O/13A    wen  14 – 0

Na ‘n lang vakansie, was al die bulletjies van die Laerskool belaai met energie vir die laaste paar westryde van die kwartaal.  Tydens ons eerste tuiswedstryd van die jaar, het opgewondenheid soos ‘n kombers oor die rugbyveld gehang.  Die O/7 – en die O/9 spanne het bietjie gesukkel om na die lang vakansie in 5de rat te kom en hul wedstryde verloor.  Die O11A span was baie lus vir wen en het oor Karel Theron geseëvier met 5-0.  Die O/11B span het lekker 7’s teen mekaar gespeel en behoorlik gehardloop dat hul tonge op die grond hang.

Die spanne van die dag was egter die O/13A – en B spanne!  Burgersdorp Laerskool se O/13A span, het lanklaas vir  Karel Theron gewen, maar Saterdag was die dag!  Met die opdraf het die Burgersdorp Laerskoolspelers soos dwergies teen Karel Theron gelyk, maar die ouens het gewys wat dit is om “guts en glory” te speel.  Na ‘n puik vertoning, wen die O/13A span 14 – 0! en die O/13 B 22 – 0.

Teen Hangklip het die manne die koue trotseer en Laerskool Hangklip gaan aanvat op hulle gronde.  Meneer Fourie se 0/9A span was die span van die dag en wen 12 – 0.  Die 0/11A-span het na ‘ongelooflik baie strafskoppe’ teen hulle, 5 – 5 gelykop gespeel.  Die 0/13A-span het gesorg vir ‘n opwindende game en gewen met 22 – 12!

Baie geluk BLS rugby!

Laerskool Rugby teen Middelburg en Hangklip

O/7 en O/9 verloor
O/11A    wen  5 – 0
O/13B    wen  22 – 0
O/13A    wen  14 – 0

Na ‘n lang vakansie, was al die bulletjies van die Laerskool belaai met energie vir die laaste paar westryde van die kwartaal.  Tydens ons eerste tuiswedstryd van die jaar, het opgewondenheid soos ‘n kombers oor die rugbyveld gehang.  Die O/7 – en die O/9 spanne het bietjie gesukkel om na die lang vakansie in 5de rat te kom en hul wedstryde verloor.  Die O11A span was baie lus vir wen en het oor Karel Theron geseëvier met 5-0.  Die O/11B span het lekker 7’s teen mekaar gespeel en behoorlik gehardloop dat hul tonge op die grond hang.

Die spanne van die dag was egter die O/13A – en B spanne!  Burgersdorp Laerskool se O/13A span, het lanklaas vir  Karel Theron gewen, maar Saterdag was die dag!
Met die opdraf het die Burgersdorp Laerskoolspelers soos dwergies teen Karel Theron gelyk, maar die ouens het gewys wat dit is om “guts en glory” te speel.  Na ‘n puik vertoning, wen die O/13A span 14 – 0! en die O/13 B 22 – 0.

Teen Hangklip het die manne die koue trotseer en Laerskool Hangklip gaan aanvat op hulle gronde.  Meneer Fourie se O/9A span was die span van die dag en wen 12 – 00.   Die O/11A-span het na ‘ongelooflik  baie  strafskoppe’  teen hulle,  5-5 gelykop gespeel.  Die O/13A-span het gesorg vir ‘n opwindende game en gewen met 22-12!

Baie geluk BLS rugby!

0/13 Rugby trek ‘n nuwe baadjie aan!

MEGA FEEDS en MW FUEL het die 0/13 seuns aangenaam verras, deur splinternuwe sportdrag vir 2011 te borg. Meer as 15 jong Blikkies is bevoorreg om met “cool” rugsakke en stylvolle rugbytruie by hul volgende rugby kragmetings te pronk.

Baie dankie aan mnr Nas Hoffman vir die borg van die sakke en mnr Melville Welgemoed vir die borg van die truie. Ons dra julle name met trots en dit is ‘n eer om hande te vat met ons meelewende Burgersdorp gemeenskap.

0/13 Afrigter – Alwyn Swanepoel

Foto’s : Alwyn Swanepoel saam met Van Zyl de Wet van Mega Feeds en onder is Alwyn saam met sy trotse manne in hul nuwe rugbytruie wat deur MW Fuel geborg is.