Laerskool Burgersdorp

Sport

Interskole 2015

Hokkie teen Gill

Laerskool Burgersdorp het slegs 2 spanne gehad wat op 30 Mei teen Gill van Somerset-Oos gespeel het.  Die O/13A span het baie mooi saamgespeel, maar het ongelukkig 3-1 verloor.  Die O/9 spannetjie het nie teruggestaan nie en almal wou die bal in die boks slaan.  Die eindtelling was 7-1 vir die Blikkies.  Baie geluk meisies, ons is baie trots op julle!

Hokkie-fees by St. Michael’s

Op 23 Mei het Laerskool Burgersdorp 6 hokkie spanne na Bloemfontein toe geneem om deel te neem aan die hokkie-fees.  Elke span het teen 4 ander skole gespeel.  Ons skool het baie goed gedoen en die meerderheid wedstryde gelykop gespeel of gewen. Die spannetjies het baie geleer en mooi saamgespeel.  Dit was ‘n lekker dag vol opwinding en positiewe terugvoering vanaf die ouers.  Baie geluk aan al die leerlinge wat deelgeneem het.

 

Cradock Sport

Ons het Saterdag, 27 April teen Cradock gespeel en baie goed gevaar.

Uitslae :  0/13B :  0 – 0, 0/13C : 1 – 0, 0/9 verloor.

Ons het Woensdag, 1 Mei hokkie en netbal teen Volkskool gespeel en ‘n baie lekker dag gehad.

Uitslae : Hokkie :

0/13A : 0 – 3, 0/13B : 0 – 0, 0/13C : 0 – 1, 0/10 : 3 – 2, 0/9 : 7 – 0, Gr 1 & 2 : 0  – 3

Uitslae : Netbal :

0/13A : 13 – 16

Ons wil net baie dankie sê vir almal wat gehelp het met die reëlings en die OOV wat hulle vakansiedag opgeoffer het om vir ons ‘n heerlike snoepie te verskaf.

1ste Tennis span

Die 1ste tennisspan se seuns het op 30 April en 1 Mei aan ‘n Tennistoernooi te Zastron deelgeneem.

Skole wat deelgeneem het was Burgersdorp, Aliwal-Noord, Colesberg, Zastron A & B, Universitas (Bloem) en Tromsburg.  Ons seuns het hulle goed van hulle taak gekwyt.  Universitas het die toernooi gewen.  Zastron A was 2de en Burgersdorp was kort op hulle hakke 3de.

Dankie dat julle ons naam hoog gehou het!

Foto:  Ruan Schutte, Gèor Hoffman, Janco Cloete, Johan v Niekerk

Hokkie-afrigting van iemand wat “weet van”

 

Hokkie-afrigting van iemand wat “weet van”

Die naam Pietie Coetzee was op almal se lippe.  Al het almal nie geweet wie dit was nie, het ons gou uitgevind!  14 leerders (6 was gr. 1 – 3) van Laerskool Burgersdorp het op 18 en 19 Maart aan die afrigtingskliniek deelgeneem.  Ai, die handjies was maar dom en het nie altyd geweet hoe om die stok vas te hou, die bal te slaan of te dribbel nie – maar glo my, hulle het gou uitgevind.

Die kliniek was baie lekker en leersaam – ons het nuwe “ball skills” aangeleer wat ons vorentoe baie gaan help met ons spel.  Die 1ste en 2de spanne het ook spanafrigting ontvang.

Ons wil net vir die Hoërskool baie dankie sê vir die reëlings om hierdie wonderlike geleentheid vir ons moontlik te maak.

Foto : Andries de Bruin

 

Aliwal wedstryd en Matchpoint Tennis

 

Op 12 Maart het Laerskool Burgersdorp se eerste tennisspan teen Aliwal-Noord te staan gekom.  Dit was die eerste wedstryd vir die span wat op Burgersdorp gespeel is.  BLS wen 14 – 4.

 

37 belowende jong tennisspelers (30 van Laerskool Burgersdorp en 7 van Laerskool Aliwal-Noord), het ‘n goeie, leersame 3dag-afrigtingskliniek op die Laerskool se bane bygewoon.  Dit is aangebied deur Matchpoint van Graaff-Reinet.  (Hannlie, Inalise en Minette Pienaar en Beth-Mare Bezuidenhout).

Foto: Andries de Bruin

 

Pa- en Seun Naweek

Die Pa- en Seunnaweek na Oos-Londen was ‘n reuse sukses!  Nie net het die Pa’s heerlik saam met hulle seuns gekuier nie, maar is daar goeie rugby teen “groot” skole gespeel.

Pa- en Seun Rugbytoer

 

INTERSKOLE UITSLAE TEEN ALIWAL-NOORD

NETBAL

O/7 wen 2 -1

O/8 verloor 4 – 3

O/9 gelyk 1 – 1

O/11A gelyk8 – 8

O/11B verloor 9 -1

O/12A wen 13 – 6

O/12B verloor 13 – 6

O/13A wen 15 – 12

O/13B gelyk 8 – 8

O/7 netbalspan


HOKKIE

3de Span verloor 1 – 0

2de Span verloor 2 – 0

1ste Span verloor 4 – 0

O/8 verloor 4 – 0

O/10 verloor 5 – 2

 

RUGBY

O/7A verloor

O/7B wen

O/9 verloor 48 – 0

O/11A  wen 15 – 7

O/11B verloor

O/13A gelyk 12 – 12

O/13B verloor 12 – 10

Baie geluk aan al die wenspanne!  Dankie ook aan Aliwal-Noord Laer-en Hoërskool vir julle ontvangs en reëlings!  ‘n Spesiale woord van dank aan elke ouer vir die getroue ondersteuning gedurende die seisoen!

The greatest glory in living lies not in never falling, but in rising every time we fall.

Nelson Mandela