Laerskool Burgersdorp

Nuusbriewe

Laerskool Burgersdorp : Graad 1’s verken die dorp

Donderdag, 6 Augustus, het die Graad 1’s ‘n gemeenskapsuitstappie na die museum en die biblioteek onderneem.

Eerstens het hulle die Museum besoek en natuurlik het die diere die grootste indruk gemaak.  Ons moes hulle behoorlik daar wegskeur.  Ons moes tientalle vrae beantwoord en as die hongerpyne nie geknaag het nie, het ons nog meer tyd daar verwyl.

 

Daarna het hulle eers op die plein geëet – ‘n lekker piekniek vir die kleintjies!  Na die ete, is daar hande gewas, voordat tannie Elsie hulle ontvang het.  Daar het hulle geleer dat die biblioteek die slimste plek in die dorp is.  Tannie Elsie het vir hulle 2 stories gelees en daarna vertel hoe ‘n liniaal gebruik word om ‘n boek se “adres” oop te hou terwyl jy besluit of jy die boek wil lees of nie.  Hulle het die geleentheid gekry om die nuwe kennis te benut en self ‘n boekie uit te neem om te lees. 

Vir oulaas het ons die laaste bietjie piekniekkos geëet en die Gr 1’s het heerlik op die plein se grasperk gespeel.  Hulle het opgeruim en ons het weer skool toe gestap.

Baie dankie aan die vriendelike persone wat ons by die museum en biblioteek ontvang het. 

 

Dit was ‘n ondervinding wat die leerders nog lank sal onthou.

NUWE HOOFLEIERS

 Tydens die laaste saalbyeenkoms van die kwartaal, is die hoofleiers vir 2015 aangekondig. 

 hoofleieres

Zanri van den Berg (onderhoofdogter), Kyla Barnard (hoofdogter), Marko Schutte (hoofseun) en Ayden van Schalkwyk (onderhoofseun).

NUWE BESTUURSRAAD

Op Vrydag 20 Maart het die ouerkorps van die Laerskool geleentheid gehad om te stem vir ‘n nuwe Bestuursraad wat die volgende drie jaar die leiding sal neem in die bestuur en beplanning van sake wat die skool raak.

Die volgende persone is verkies:  Jannie van Niekerk (voorsitter), Johan de Bruin, Eric van Heerden, Karen Cloete (Sekretaresse), Stephanie van den Berg.

Ons wens hulle baie geluk en glo dat alle besluite wat hulle neem, in die beste belang van ons skool sal wees.

 

2014 SE GRAAD 1’S MELD AAN

Skoongewas en blinkoog het 32 nuwe gesiggies die eerste skooldag begin.  Party is skaam en bang, terwyl ‘n paar nogal heel welsprekig is!  Saam met juffrou Aniré Fourie (regs op die foto) pak hulle hierdie nuwe avontuur van skool aan!

 

Laerskool Burgersdorp verwelkom elke graad 1 leerling en hul ouers – mag die volgende sewe jaar gevul wees met opwinding, suksesse en prestasies!

 

Ons verwelkom ook vir juffrou Annieka Els (links op die foto) wat vanjaar as student by ons aangesluit het.  Sy sal in die graad 1-klas saam met juffrou Aniré wees.  (Foto :  Andries de Bruin)

 

Madiba dag

DEEL OP MANDELADAG!

Die leerlingraad van Laerskool Burgersdorp het ook op Donderdag 18 Julie 2013 hulle deel bygedra tot Mandeladag.  Die leerlinge het ‘n paar minute afgestaan en ‘n waslappie en seep aan elke pasiënt in die plaaslike hospitaal gaan gee.

Die pasiënte was verbaas maar tog baie dankbaar, veral die seuntjie in die kindersaal het gelag en pragtig vir die kamera “gesmile”.  Vir die leerlinge was dit ‘n les van reik uit na ander en maak ook ander se harte bly, al is dit net met ‘n klein ietsie.  Een van die leerlinge het later gesê:  “Dankie Juffrou.  Nou verstaan ek eers wat die woorde in die Bybel beteken: Dit is beter om te gee as om te ontvang.  Ek voel so lekker, want ek het vandag vir iemand iets beteken en iemand se hart bly gemaak.”

Gr1 2013

Hier is die nuwe Gr1’s van 2013

Senor Chef Wenners 2012

Elke jaar bied Laerskool Burgersdorp ‘n groot Senor Chef Fondsinsamelingspoging aan.  Leerlinge word die geleentheid gebied om entrepeneurskap te bevorder deurdat hulle verantwoordelik is vir die bestellings van produkte.  Die drie leerlinge wat die meeste bestellings gehad het, kry ‘n kontantprys!

Mej. Martie Basson en Mev. Samantha Wessels doen die harde werk om al die bestellings en kontant te hanteer.  Baie dankie vir julle harde werk, ons sien dit raak!

Dankie ook aan elke getroue ondersteuner wat van die produkte aangekoop het. Sonder julle sal ons nooit so ‘n groot sukses van hierdie poging kon maak nie.

Vanjaar se wenners:  Agter:  Zanri van den Berg, Elena Schutte

Voor:  Samantha King

Senor Chef Wenners 2012

ROLBAL 2012

Laerskool Burgersdorp het hierdie jaar omtrent gewys wie is baas in die Besigheidsliga van die Rolbalklub. Die span het elke oomblik geniet en wil ‘n groot dank uitspreek teenoor die Rolbalklub vir hul moeite en al die reëlings. Ons het die 2de plek in die liga los-“gerol” en ‘n kontantprys gewen.

Baie dankie aan al die borge en ook ons afrigter, tannie Hester Venter.

Ons hoop om volgende jaar ons titel te kan verdedig!

Graad een uitstappie na die kudde kompetisie

Die twee graad een klasse het die voorreg gehad om verlede Vrydag ‘n uitstappie na Kroonvlei te kon. Ons wou graag sien wat die boere in ons omgewing alles in die mou voer. Dit was voorwaar ‘n besonderse lekker dag.

Die graad 1’s het geleer oor skape, wol, implemente en nog vele meer.

Die hoogtepunt was toe ons almal oor die lusernland gehardloop het en daarna ons gesigte in die vars, koue water gedruk het!

En wie kan dan vergeet van die springkasteel!

Baie dankie aan die Witkop Boerevereniging wat ons uitgenooi het om hulle te kom ondersteun.

Ons het die lekker kospakkies en al die aktiwiteite baie geniet.

Volgende jaar maak ons weer so!

Leerlingraad 2012

Leerlingraad vir 2012 
Hoofseun : Anton Gravett, Hoofdogter : Nicole van Vuuren, Onderhoofseun : AG Alberts, Onderhoofdogter : Melissa Nel.  Nas Hoffman, Ruan le Roux, Johannes Zwiegers, Dené Troskie, Liandri Potgieter, Ongi Dalasile

 

LEERLINGRAADSKAMP