Laerskool Burgersdorp

Musiek

LAERSKOOL NEEM DEEL AAN ORRELKONSERT

‘n Groot eer het 9 klavierleerlinge van Laerskool Burgersdorp te beurt geval toe hulle gevra is om by die viering van dr Christo Kritzinger se 30 jaar as orrelis, op te tree.
Nadat hulle van hul stukke op die klavier gespeel het, het dr Kritzinger ‘n improvisasie daarvan op die orrel uitgevoer.
Wat ‘n heerlike ondervinding!

LAERSKOOL BURGERSDORP EISTEDDFOD UITSLAE

Ongeveer 18 leerlinge van Laerskool Burgersdorp se musiekdepartement het hierdie jaar aan Eistedd@alies op Aliwal gaan deelneem.  Daar is aan 60 items in die volgende kategorieë deelgeneem :  blokfluitsolos, blokfluittrios, klaviersolos en klaviertrios. 

Die volgende uitslae is behaal :

A++    (bo 90%)    3
A+    (85-89%)    20
A    (80-84%)    22
B+    (75-79%)    15

Dit is met groot trots wat ons bekendmaak dat 2 van ons leerders ook trofees by die pryswennerskonsert verower het, naamlik:
Jamie-Lee Fortuin vir die beste blokfluitsolo en Leandri Potgieter vir die beste prestasie in ‘n klaviersolo.

Baie geluk aan al die leerlinge wat so hard gewerk het, ons as skool is baie trots op julle!

‘N UITMUNTENDE MUSIEKJUFFROU WORD BELOON!

Juffrou Sanmari het dit wéér reggekry! UNISA het aan haar 2 meriete-sertifikate toegeken.

Die vereiste is dat haar top 10 kandidate in Teorie en in praktiese eksamen, ‘n gemiddeld van 80% moet behaal. In haar geval, is die gemiddeld vir Teorie 93% en die praktiese eksamen 81%!!

BAIE GELUK, Sanmari, ons is trots op jou en die pragtige prestasie – ons kinders is bevoorreg om so ‘n juffrou te hê. Doen so voort!