Laerskool Burgersdorp

Landsdiens

Laerskool Landsdiens

Die Landsdiens het die week weer hul liefde vir die natuur uitgebeeld.  Ons het Maandag ons terrein, die sloot en die ingang van die dorp skoongemaak.  Baie dankie vir elke Landsdienslid wat hard gewerk het om die morsjorse se spore te verwyder!

 

LANDSDIENSOORSLAAP

Op Woensdagaand, 20 Maart 2013 het 67 Landsdienslede in die skoolgange en op die rugbyveld “oorgeslaap”.

Daar is handwerk (uitrustings uit rommel) gedoen, gesing, gespeel, gestap en gebraai.

 

Baie dankie aan al die lede wat deelgeneem het, asook die onderwysers wat kom braai, toesig hou en oorgeslaap het.

Volgende jaar maak ons weer so!

Bestuur

 

Op Woensdag 15 Augustus het die kinders by landsdiens aangemeld en was die reuk van

pannekoek in die lug.  Tot hul verbasing was dit juffrou Marlene en haar span ma’s wat hulle

met pannekoek trakteer het.  Daarna is die nuwe bestuur gekies en was as volg :

Voorsitter  :  Jeandré Ells

Ondervoorsitter :  Karaba Molefe

Sekretaresse :  Mariandre Griessel

Tesourier :  Ruan le Roux

Projekte : Heinrich Vosloo

Reklame :  Samantha King / BJ de Klerk

Sangleier :  Melissa Nel

Die kinders wil net ‘n GROOT dankie sê aan almal wat die pannekoeke gebak het.  Dit was regtig ‘n groot bederf.

 

LANDSDIENS OORSLAAP

Op Donderdagaand, 22 Maart 2012, het die Laerskool se Landsdienstak en hul ouers by die rugbyveld oorgeslaap.

Ten spyte van die reën is daar heerlik gespeel, gebraai en om die dorp gestap.

Baie dankie vir al die bydraes en almal se positiewe gesindheid.

Volgende jaar maak ons weer so!anne het swaar getrek en het verloor. Die 0/14-span se toetrede tot Hoërskoolhokkie het goed afgeloop en hul wen met 1 doel! (1 – 0). Bou voort hierop!

 

LAERSKOOL BURGERSDORP LANDSDIENSNUUS

Die afgelope kwartaal het lede van Laerskool Burgersdorp se Landsdiensklub 2 heerlike projekte aangepak.

Die sloot is skoongemaak en 8 swart sakke vol vuilgoed is opgetel.  Baie dankie aan tannie Elsie Oosthuizen vir die skenk van plastiese handskoene.

Ons het die kwartaal se Landsdiens-verrigtinge afgesluit met ‘n besoek aan die plaaslike museum (baie interessant!)  en daarna heerlik piekniek gehou op die plein.

LANDSDIENS – SKATTEJAG

Die Laerskool Landsdiens het op Woensdag 27 Julie ‘n ongelooflike skattejag op die skoolterrein gehou.  Meer as 80 leerders het aan die “soektog” deelgeneem.  Kranig het hul rondgehardloop met die oog op die gesogte wenprys.  Die kinders was pootuit na ‘n lang soektog na die skattejag legkaart-stukke.  Die oranje-span kon die wenvlag hys.  Almal het hierdie opwindende middag geniet!

Landsdiens

FACTA NON VERBA:  Dade en nie Woorde nie
Die Landsdiensbeweging is ‘n omgewingsgerigte jeugorganisasie wat die jeug tot verantwoordelike landsdburgers lei d.m.v. klubaktiwiteite en kampe, om lewenslank die vier liefdes van Landsdiens uit te leef :
•    Liefde vir die Skepper
•    Liefde vir die medemens
•    Liefde vir die omgewing
•    Liefde vir arbeid


Ons Visie
Hier voeg ons die daad by die woord en ons missie is  om Laerskool Burgersdorp se jeug omgewingsbewus te maak en op opvoedkundige kampe en uitstappies te neem, asook om maatskaplike projekte aan te pak. 
Ons Visie

Om tieners te kweek wat selftrots, landstrots en omgewingstrots is en in alles eer aan God, ons Skepper, te gee en dit sodoende te laat deursypel na ander burgers in ons omgewing, provinsie en land.

Ons doelstelling
1.    In alles sal ons Bybelse waardes handhaaf en ‘n liefde vir God ons Skepper kweek en ontwikkel sodat dit ‘n lewenstyl sal word. 
2.    Om onvoorwaardelik ‘n liefde en waardering vir die omgewing in ‘n geheel uit te leef asook vir die natuurlike erfenis van ons land.
3.    Om doelgerig, selfstandig en verantwoordelik te wees in huidige en toekomstige uitdagings.
4.    Om waardering en begrip vir belangrike groepswaardes te ontwikkel.
5.    Om in alles, die Landsdiensbeweging se doelstellings na te streef.
6.    Om deur die Christelike inslag van die beweging, geleenthede te skep vir die uitlewing van ons liefde vir God, liefde vir ons naaste, vir arbeid en diensbaarheid aan ons medemens en ons gemeenskap.