Laerskool Burgersdorp
Ons Kinders is ons Trots

ROLBAL 2012
Laerskool Burgersdorp het hierdie jaar omtrent gewys wie is baas in die Besigheidsliga van die Rolbalklub. Die span het elke oomblik geniet en wil ‘n groot dank uitspreek teenoor die Rolbalklub vir hul moeite en al die reëlings. Ons het die 2de plek in die liga los-“gerol” en ‘n kontantprys gewen. Baie dankie aan al die borge en ook ons afrigter, tannie Hester Venter. Ons hoop om volgende jaar ons titel te kan verdedig!
2012 gr. 1’s meld aan!!!38 Gr 1’s het verlede Woensdag hul eerste dag van 12 skooljare beleef! |
Graad een uitstappie na die kudde kompetisie
Die twee graad een klasse het die voorreg gehad om verlede Vrydag ‘n uitstappie na Kroonvlei te kon. Ons wou graag sien wat die boere in ons omgewing alles in die mou voer. Dit was voorwaar ‘n besonderse lekker dag. Die graad 1’s het geleer oor skape, wol, implemente en nog vele meer. Die hoogtepunt was toe ons almal oor die lusernland gehardloop het en daarna ons gesigte in die vars, koue water gedruk het! En wie kan dan vergeet van die springkasteel! Baie dankie aan die Witkop Boerevereniging wat ons uitgenooi het om hulle te kom ondersteun. Ons het die lekker kospakkies en al die aktiwiteite baie geniet. Volgende jaar maak ons weer so! |





